Skip to main content

Digitale beursies

'n Blokketting-beursie (e-beursie) is 'n instrument wat jy gebruik om met 'n blokkettingnetwerk te kommunikeer. Dit is 'n digitale beursie wat gebruikers toelaat om hul digitale geld (kriptografiese items of bewyse (tokens) of kriptovaluta (Engels: cryptocurrencies)) te stoor en te bestuur. 'n Blokketting-beursie laat die oordrag van kriptovaluta (Engels: cryptocurrencies) tussen gebruikers toe, en dit het die vermoë om dit terug te omskep in 'n gebruiker se plaaslike geldeenheid.

 

Tot op hierdie stadium het ons gesien hoe ons geldeenhede ontwikkel het, en hoe blokketting, slimkontrakte en kriptografiese items of bewyse help om hierdie nuwe digitale wêreld moontlik te maak. Een aspek wat ons nie gedek het nie, is waar om jou kriptografiese items of bewyse en ander kriptovaluta te stoor vir die doel van transaksies tussen partye.

In ons bespreking voor digitale beursies het ons die rol erken wat banke in die samelewing speel. Hulle dien as 'n manier om geld te stoor, maar ook as 'n poort om transaksies te fasiliteer. Banke verifieer die bedrag geld in jou rekening, en stel jou in staat om transaksies tussen partye te neem. Hulle is die betroubare tussengangers waardeur ons transaksies neem.

Blokketting en slimkontrakte is die boustene vir verspreide grootboeke, wat die behoefte aan betroubare tussengangers verwyder. Maar hoe werk ons eintlik met die blokketting om betaling te stuur en te ontvang? In die wêreld van kripto's en blokketting het jy 'n gedesentraliseerde ekwivalent aan 'n bankrekening: blokketting-beursie (digital wallet).

Tans kan enigiemand na 'n bank van keuse gaan en 'n rekening oopmaak. Elke rekening word deur 'n unieke nommer (rekeningnommer) geïdentifiseer en fondse word gestoor en uit die rekening onttrek deur die rekeningnommer (of 'n krediet- en debietkaart) in kombinasie met 'n pinkode te gebruik. Die eienaar van die rekening kan hul rekeningbesonderhede deel om betaling van ander te ontvang, en hulle gebruik hul debiet- of kredietkaart om geld na 'n ander entiteit oor te dra. Die enigste manier om toegang tot die fondse te kry, is om die rekeningnommer of kaartnommer (wat publiek is), saam met 'n wagwoord of pinkode (wat privaat is) te hê. Die kombinasie van publieke en private kodes gee enigiemand toegang tot die rekening en die geld wat in die rekening gestoor is.

'n Blokketting-beursie (e-wallet) is 'n instrument wat jy gebruik om met 'n blokkettingnetwerk te kommunikeer. Dit is 'n digitale beursie wat gebruikers toelaat om hul digitale geld (kriptografiese items of bewyse of kriptovaluta) te stoor en te bestuur. 'n Blokkettingbeursie laat die oordrag van kriptovaluta tussen gebruikers toe, en dit het die vermoë om dit terug te omskep in 'n gebruiker se plaaslike geldeenheid [1].

'n E-beursie kan die vorm aanneem van sagteware (warm beursie), of hardeware (koue beursies), afhangende van hul werkmeganismes. Figuur 8 is 'n voorbeeldbeeld van die verskillende beursietipes. 'n E-beursie stoor nie soseer jou digitale geldeenheid nie, dit dien veel eerder as 'n manier om met die blokketting te kommunikeer, deur eerder tred te hou met transaksies. 'n E-beursie genereer al die nodige inligting om kriptovaluta via die blokketting te stuur en te ontvang [1].

Die meerderheid kripto-beursieverskaffers is gebaseer op sagteware, wat hulle geriefliker maak as hardeware-beursies. Hardeware-beursies is geneig om die veiligste alternatief te wees.

Warm beursies is dié wat altyd aan die internet gekoppel is [2]. Dit is maklik om op te stel, en dit is perfek vir diegene wat gereelde kripto-handelaars is. Mens kry maklik toegang tot die fondse. Aangesien warm beursies aan die internet gekoppel is, is hulle kwesbaar vir inbraak en moet dus versterk word met meerlaagsekuriteit. Warm beursies is meestal sagteware-gebaseer en is beskikbaar op rekenaars, webwerwe of mobiele toestelle.

Koue beursies is nie altyd aan die internet gekoppel nie [2], en kan gekoppel word wanneer 'n gebruiker enige transaksies moet verwerk. Hierdie koue beursies neem die vorm aan van fisiese hardeware-toestel wat aan 'n rekenaar koppel en ook van papierbeursies (gedrukte dokument wat beursie-inligting bevat).

'n Multi-handtekening-beursie, ook bekend as 'n Multi-handtekening (multisignature)-beursie, vereis twee of meer mede-ondertekenaars om 'n transaksie te bekragtig. Hierdie kenmerk verbeter die sekuriteit van die beursies en skakel die probleem van 'n enkele punt van mislukking uit [2]. Multi-handtekening-beursies word aanbeveel wanneer 'n verspreide outonome organisasie ontwikkel word.

Ons e-beursie word geïdentifiseer deur 'n alfanumeriese identifiseerder (genoem 'n adres) wat gegenereer word op grond van publieke en private kriptografiese sleutelpaar. 'n Beursie-adres is die plek op die blokketting waarheen munte gestuur word. Die beursieadres word met ander gedeel om fondse te ontvang. 'n Gebruiker hou hul private sleutel privaat en deel dit met niemand nie. Die private sleutel is die kriptografiese ekwivalent van 'n wagwoord of pinkode, en die publieke sleutel (adres) is dieselfde as jou rekeningnommer. Die eienaar van die beursie gebruik hul private sleutel om hul beursie oop te sluit om toegang te verkry tot die fondse wat in die beursie aangeteken is.

As iemand dalk hul toestel verloor of aanmeldbesonderhede, is al wat hulle nodig het om toegang tot hul fondse te kry, hul private sleutel. Verder hoef publieke sleutels nie net na jou beursie-adres te wys om jou digitale geld te stoor nie. Dit kan ook gebruik word om te wys na 'n slimkontrak op die blokketting, en die uitvoering van die slimkontrak kan geïnisieer word deur middel van 'n multi-handtekening verifiëring.

In die volgende afdeling gaan ons kyk na die ruimte waar al hierdie konsepte mekaar kruis, wat gedesentraliseerde outonome organisasies (Engels: Decentralised Autonomous Organisations - DAO) genoem word.

Verwysings

[1] J. Frankenfield and J. Mansa, "What Is a Blockchain Wallet?", Investopedia, 2021. [Online]. Available: https://www.investopedia.com/terms/b/blockchain-wallet.asp. [Accessed: 19- Jul- 2021].

[2] "Types of Cryptocurrency Wallets: Which One is the Right Choice for Your Business", Antier Solutions, 2021. [Online]. Available: https://www.antiersolutions.com/types-of-cryptocurrency-wallets-which-one-is-the-right-choice-for-your-business/. [Accessed: 19- Jul- 2021].